Die waarheid sal seëvier

Brendin Horner is as ‘n gevalle soldaat opgeneem in die SAW veterane ererol waar Genl Roland de Vries as spreker by die Brendin Horner Monument onthulling gesê het “ons Jong seuns het geval op die grens en toe by townships en nou voor ons plaashekke”

NPO NR: K202 283 1207

GEREGTIGHEID VIR BRENDIN HORNER

Brendin Horner is as ‘n gevalle soldaat opgeneem in die SAW veterane ererol. Genl Roland de Vries het as spreker by die Brendin Horner Monument onthulling gesê: “ons jong seuns het geval op die grens, en toe by townships, en nou voor ons plaashekke”

Die Brendin Horner Stigting is ‘n nie winsgewende organisasie (NPC) wat hom beywer vir die herlewing vir die boeregemeenskap. Hy fokus hoofsaaklik op die voorkoming van plaas aanvalle, asook geregtigheid vir plaasmoorde van boere en hul werknemers. Die wrede moord op Brendin Horner het skokgolwe deur die wêreld gestuur wat gelei het tot die gebeure in Senekal op Oktober 2020.

Na verloop van 5 jaar is geeneen nog skuldig bevind op die moord van Brendin nie, maar die boer wat oproer veroorsaak het by Senekal is alreeds inhegtenis geneem, en het alreeds sy 10 maande tronkstraf uitgedien. Die Brendin Horner Stigting glo dat dit bewys is van ‘n gevalle staat en regsstelsels, korrupte polisie, en ‘n bewys dat plaasmoorde polities gedryf en gefinansier word. So ook dan dat die Minister van die Suid Afrikaanse Polisie (SAPS) Bheki Cele en Julius Malema (leier van die EFF) by die hofsaak op gedaag het, maar klaarblykbaar nog niks gedoen het om Brendin se moordenaars te vang nie.

Die Brendin Horner Stigting roep al ons mense om saam hande te vat – en veral om familie en vriende in die buiteland te betrek. Suid Afrika staan op die drumpel van ‘n goed georganiseerde kriminele bendestaat wat sal lei tot anargie. Die belangrikste oorlewingsaksie in Suid Afrika is goeie kommunikasie tussen ons mense. Sodoende vra ons hulp om nie net befondsing om bystand te verleen aan slagoffers nie, maar ook om satelliet kommunikasie so ver as moontlik beskikbaar te maak – spesiaal vir die kwesbares in ons samelewing.

Dan wil ons ook graag hê dat die naasbestaandes van plaasmoorde (familie en vriende) ons moet kontak sodat ons hulle stories deurmiddel van ‘n dokumentêre film vas te vang en sodoende geliefdes te huldig.

Kontak die Brendin Horner Stigting en maak ‘n verskil.

Brendin Horner Stigting gedenkteken

Wie is die Brendin Horner Stigting?

Ons is ‘n nie-regerings, nie-winsgewende en nie-politieke organisasie. Die Stigting is ook ’n burgerherlewingsorganisasie wat Afrikaners, Afrikaanssprekendes en ander minderheidsgroepe in Suid-Afrika en internationaal inlig en opvoed in ons geskiedenis en kultuur.

Brendin Horner aktuele nuus

Word deel vandag​